Windhoek Hoërskool Klas van 1974

Vol afwagting het ons standerd sessies in ons splinternuwe skoolklere en leë tasse by WHS ingestap. Uiteindelik nog ‘n tree op pad na onafhanklikheid en grootword. Maar vinnig is ons sotte aarde toe gebring. Skielik is jy en jou maats van laerskool nie meer in dieselfde klas nie. Daar was die skoollied om te leer. Daar was ‘n sottekonsert wat bygewoon moes word. Die speelgrond was nie meer ‘n speelplek nie. Interhuisatletiek het ‘n ernstige saak geword. Onderwysers was kwaai en streng.

Maar gou het mens jou voete gevind. Nuwe maats gemaak. Onderwysers leer ken. Interhuis en interhoër het hoogtepunte geword. En die briefie wat sê “kry jou 9 uur by die bokkies” is met opgewondenheid getroetel. Flieks in die skoolsaal en dalk ‘n skelm onbeholpe soen. En die garage partytjies ….

Seasons in the sun, Cry to me, Heart, Sound of silence …… laat mens nou nog terug dink aan heerlike, sorglose dae. Life gets complicated when you get past 18 …

In 1974 het ons matriek geskryf. Dis 40 jaar later - Kyk wie jy nog in die klasfotos herken vergelyk dit met die reünie fotos.

Jaarblad 1974

Jy kan nou die 1974 jaarblad hier lees of as 'n as 'n pdf dokument hieronder aflaai.


WHS 1974 Facebook Feed

The Facebook news feed is currently unavailable.

Stories deur/oor die Lede

© WHS 1974 - 2024 | Links | Windhoek Hoërskool Klas van 1974

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting | Domain sponsored by Plutus Hosting