Marius van Niekerk - Boel Dreyer

Ek onthou meneer Boel Dreyer het altyd ‘n paar eienaardigdhede gehad wat ons seuns groot vermaak kon verskaf. Natuurlik sonder sy medewete.

So sou hy met praat en beduie die teenoorgestelde doen. Hy wys na drie seuns in die eetsaal wys dan met sy 6 vingers in die lug en sê “Sal julle drie by my kantoor gaan wag vir elkeen ses houe” Wanneer hy dan ses houe sê, wys hy net drie vingers in die lug. 

Ons het groot slaapsale gehad in die ou koshuis en ek en Frikkie Engels wat toe in st8 was moes by die st6’e (Julle groep) slaap vir toesig. Een van die st6’e het toe die spieël wat teen die muur by die deur gehang het per ongeluk stukkend gegooi.

Met inspeksie het oom Boel met sy rottang en Sonja sy skaaphond die kamer ingekom en dadelik gevra wie die spieël gebreek het. Nodeloos om te sê die maat moes buk vir drie houe. Die volgende oggend het oom Boel dit herhaal en weer die st6 mater drie houe geslaan.

Ek en Frikkie het nou besef dat dit so gaan aanhou en die spieël agter die deur gehang. Die derde oggend het hy weer gevra “Wie het daai sp……..” en toe hy nie die spieël sien nie vra hy “Waars daai donnerse spieël” Nogmaals moes mater buk vir drie houe.

Nou was die gord gaar en die boodskap baie duidelik. Om mater se lewe te red moes ons almal inklub en ‘n nuwe spieël koop.

Stories deur/oor die Lede

© WHS 1974 - 2024 | Links | Marius van Niekerk - Boel Dreyer

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting