Rikus Burger - 10E - - Die Sangklas

Ek het op n stadium, (st9 of matriek-kan nou nie onthou watter jaar) altyd musiekles gehad net voor Engels - en keer op keer laat gekom vir Miss Meyer (Miss "Marve," soos Ben en Dan en andere haar genoem het!) se klas.

Dan moes ek altyd vir my straf eers voor in die klas staan en se "If music be the food of life, play on - Shakespeare" !

Arme mev (Frau) Redelinghuys was ook menigmaal by moedeloos verby en na aan trane met die 'sang' klasse! Jy weet hoe ge-interesseerd was die leerders oor die algemeen dAArin (VERAL van die seuns) - en ek onthou een spesifieke geval waar daar vir een of ander rede (seker in aanloop tot die interhuis atletiek), n Lowrey orrel in die sangklas was. (Ek kan ook nie mooi onthou of daar n klavier ook was nie, en as daar was, hoekom Frau Redelinghuys dan nie op die klavier gespeel het nie.)

Ieder geval, sy het die dag op die orrel vir ons 'begelei' met ons wonderskone klas- sang. Maar voor sy ingekom het, het ek vir die ouens attent gemaak op n spesifieke 'tab' of 'register knoppie' op die orrel wat se "WOW" . As mens hom aansit dan maak die klank sulke 'golwe' wat so wow-wow-wow maak! Dit klink behoorlik of die orrel naar is. Nouja, nodeloos om te se, as Mev Redelinghuys nog so speel en haar aandag is by die leerders (ons het so half rondom die orrel gestaan, dan sal iemand agter haar rug so ongemerk die "WOW" knoppie druk en dan begin die klank so draal en draai en sy 'golwings' maak) - dan stop frau Redelinghuys terstond en se-vra met haar Duitse- aksent Afrikaans, "Wat nou, warum mak dat zo?" Dan se ons vir haar die orrel se battery is nou eers pap, en hy moet n rukkie afgeskakel word dat hy eers weer kan laai!!

Dan sê sy "Nau goed, dan zingt ons ma sonner die orgel, ja?"

Intussen sit iemand ongemerk weer die Wow af, en na n vreeslike kakofoniese sangsessie onbegeleid, se ons ons dink die orrel se battery is nou weer sterk, dan skakel sy weer die orrel aan en dan sing ons ewe onskuldig weer voort 'met orgel begeleiding.'!!!

Ai, die arme vrou- nie te lank nie, dan "WOW" dit weer dat die katte huil, dan skakel sy maar ewe gedwee weer die orrel af!!

Hoeka in die sangklas wat die ouens so gesit en rook het met die laboratorium pypies wat by die venster uithang - sigaret onder aan een pypie en n ander pypie wat langs hom hang om uit te blaas! Daar was sulke hoe 'kaste' waar ons op gesit het - met die oop vensters net agter die rug op n heel gerieflike hoogte! Kan jy imagine hoe dit moes gelyk het vir Mnr De Waal toe hy onder buite stap en opkyk en die reekse pypies sien hang- dan brand die sigaret se kooltjie helder soos hy getrek word, en poef! daar kom die rokie by die ander pypie uit!

Those were the days, ne?

Stories deur/oor die Lede

© WHS 1974 - 2024 | Links | Rikus Burger - 10E - - Die Sangklas

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting