WHS Skoollied


Oor ons bosbegroeide noorde
oor ons eensaam vlaktes suid
oor ons oos en wester oorde
ruis die strydkreet steeds vooruit.

Ons sal koershou in ons strewe
vir ons land en volk en taal
Windhoek Hoërskool lei ons skrede
na die grootste ideaal.

Oor ons wye Suidwes-Afrika
weerklink ons roem en eer
en ons leuse Virtus Floreat
laat ontbrand die liefde weer.

Van Oranje tot Kunene
van woestyn tot aan die see
Alma Mater bring ons hulde
aan geeneen geliefd soos jy. 


 

Dankie aan Johanna Lessing Golden 10F, Marianne Bronkhorst Jonker, Carien du Plessis en Calie Jacobs (ander oud-WHSers), vir bydraes om die skoollied volledig op te spoor.