Cobus Oosthuizen 10F - 'n Skoolhoof se Speserye

Tydens die pioniersjare in Suidwes was ‘n skoolhoof se “spyskaart” soms gegeur met allerhande speserye – ‘n welkome afwisseling in die eentonige sleur van administratiewe pligte.

In daardie jare het skole nog nie rekenaars en ander soortgelyke fasiliteite gehad nie. Klerklike hulp, indien enige, was tot die minimum beperk. Die skoolhoof en sy adjunk, as daar een was, het gevolglik ‘n groot werklas gehad, onder meer met die skoolafsluiting aan die einde van die jaar.

Die Hoërskool Windhoek was die eerste hoërskool in Suidwes. Dit het in 1917 as ‘n klein skooltjie in Leutweinstraat begin en daarna tot die grootste hoërskool in die land ontwikkel.

November, baie jare gelede, was dit weer eksamentyd. Almal het teen tyd gejaag, want daar was nog soveel wat binne ‘n dag afgehandel moes word; puntestate, skedules en rapporte moes afgerond en lokale moes opgeruim word. Almal, van skoolhof tot die skoonmakers, was haastig om met vakansie te gaan.

Die adjunkhoof Piet Scholtz was bekend as ‘n haastige, ywerige en bekwame onderwysman. Hy was die betrokke dag besig om die eksamenpunte in te samel. Omdat sommige van die onderwysers getalm het met die inhandiging van punte, het hy van klaskamer tot klaskamer geloop om die puntestate bymekaar te kry.

Op die personeel was ‘n onderwyser

 

essie wat geseën was met ‘n goeie humorsin; een van dié soort mense wat daarop bedag was om sonskyn in die onderwysberoep te bring. Dollie was haar naam.

Toe Piet Scholtz haastig om die hoek kom, het Dollie van die ander kant af om die hoek gekom en byna teen hom vasgeloop.

“Juffrou,” het Piet gevra, “het u enige uitstaande punte?” Ja, meneer Scholtz,” was haar vinnige antwoord. “Ek het twee. Wil u dit miskien sien?”

Bron:     Die vlieënde Ovambo en ander verhale van ou Suidwes deur ET Meyer. 

Stories deur/oor die Lede

© WHS 1974 - 2024 | Links | Cobus Oosthuizen - 'n Skoolhoof se Speserye

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting