Gert Kruger - Frau Bischoff

Frau Bischoff was alombekend in WHS dat sy nie nonsens vat in haar Duitse klasse nie. Daarom was baie, of moet ek se feitlik almal, maar baie skrikkerig vir haar.

Wat sy egter nie geweet het nie, is dat daar in die skool so 'n swartkop laaitie was wat ook nie nonsens gevat het om droog te maak nie. Ek glo nie die onderwysers in die laer standerds het haar enigsins bedag gemaak op die mannetjie nie. Dit is waarskynlik daaraan toe te skryf dat hulle seker deur die bank geglo het die mannetjie sou nooit by Standerd 9, wat nog te se van Matriek, uitgekom het nie.

Aanvanlik het dit redelik gegaan tussen haar en die mannetjie in die klas, tot daardie dag wat hy weer nie kon stilsit nie. "Andre, du bist so unartig", klap haar tong.

Andre Koortz, al wiegend op die agterpote van sy stoel, is ook nie links nie en laat waai terug met "Frau Bischoff, du bist so wreedartig."

Nodeloos om te se Andre het die wind uit haar seile geneem soos net hy kon.

Stories deur/oor die Lede

© WHS 1974 - 2024 | Links | Gert Kruger - Frau Bischoff

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting