Neels Coetzee - Onderwysers!!!! Ook maar gevoelloos

Ek sit en kyk vir my hande terwyl ek so tik. Ek weet nie of jy kan onthou nie - ons het eksperimente (ek dink) in Biologie gedoen oor proteïne.

Op 'n dag moes ons seuns die geweerkluis skuif in skooltyd wat in 'n kamer onder die trappe naby die snoepie was. As ek reg kan onthou was ons so agt gewees wat die ding moes dra.

Ons het koevoete of ysterpale onder die kluis deurgeskuif en twee-twee aan 'n kant gedra. Ek was links voor en die kluis het gegly. My regtermiddelvinger is toe tussen die paal en die sementvloer vergruis en daar moes 'n stuk afgesit word. In ieder geval, tydens die eksperimente was dit oor die proteïne wat in die vel voorkom.

Ek dink dit was mnr Gous of Jan Brand wat my van die velle laat afhaal het sodat hy die punt van die proteïne in die vel kon bewys.

Helaas, ek sit nog steeds met die vinger wat misvorm is. Dit was ook die einde van my klavierspeelloopbaan op daardie tyd. Ek en Diederik Opperman het saam baie klavier geoefen - hy was nogal uitmuntend daarmee.“

Onderwysers!!!! Ook maar gevoelloos.

Stories deur/oor die Lede

© WHS 1974 - 2024 | Links | Neels Coetzee - Onderwysers!!!! Ook maar gevoelloos

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting